Zechariah 11:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie se besitters maak hulle dood en hou hulle onskuldig; en die wat hulle verkoop, sê: Geloofd sy die HERE! want Ek is ryk, en hulle eie herders ontferm hulle nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die kopers sal hulle skape slag sonder enige skuldgevoel. Die verkopers sal sê: ‘Prys die Here, nou is ek ryk!’ Selfs die herders het geen meegevoel met hulle nie.
Afrikaans 1933/1953 hulle kopers maak hulle dood, sonder om skuldig te voel; hulle verkopers sê: Geloofd sy die HERE; ek word ryk! En hulle herders het geen medelyde met hulle nie.
Afrikaans 1983 Hulle eienaars self slag hulle sonder skuldgevoel, of verkoop hulle en sê: “Prys die Here, ek word ryk!” Ook die skape se herders gee vir hulle niks om nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle kopers maak hulle dood sonder om daarvoor te boet, en hulle verkopers sê, ‘Prys die Here, ek word ryk!’ Hulle herders het nie medelye met hulle nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat die skape gekoop het, slag hulle en die mense is nie jammer daaroor nie. Die mense wat die skape verkoop, sê: ‘Prys die Here, ons word ryk.’ Die skaapwagters is ook nie jammer vir die skape nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense wat hierdie skape koop, voel nie eers ’n tikkie sleg om hulle te slag nie. As hulle die skape nie slag nie, verkoop hulle hulle en sê: ‘Prys die Here, nou is ons ryk.’ Die herders gee ook niks vir die skape om nie.”