Zechariah 11:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar is 'n stem van die gehuil van die herders; want hulle heerlikheid is verwoes: 'n stem van die brul van jong leeus; want die trots van die Jordaan is verwoes.
Afrikaans (NLV) 2011 Luister na die gehuil van die herders, want hulle rykdom is weg. Luister na die gebrul van jong leeus, want hulle pragtige bosse langs die Jordaanvallei is verwoes.
Afrikaans 1933/1953 Hoor! die gejammer van die herders, want hulle heerlikheid is verwoes. Hoor! die geknor van die jong leeus, want die pronkbosse van die Jordaan is verwoes.
Afrikaans 1983 Luister hoe huil die herders omdat hulle beste weiveld verwoes is! Luister hoe brul die leeus omdat die pragtige bos langs die Jordaan verwoes is!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hoor die gehuil van die herders; want hulle aansien is verwoes! Hoor die gebrul van die jong leeus, want die trots van die Jordaan is verwoes!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die skaapwagters huil, want die mooi veld waar die skape wei, het afgebrand. Die leeus brul, want die bosse by die Jordaan-rivier het afgebrand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoor hoe huil die leiers. Alles waarop hulle so trots was, is daarmee heen. Hoor hoe brul die leeus. Die bosse langs die Jordaan waar hulle altyd kon wegkruip, is nou verwoes.