Zechariah 11:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Huil, sipresboom; want die seder het geval; want die magtiges is verwoes. Huil, o terpentynbome van Basan! want die woud van die oesjaar het afgekom.
Afrikaans (NLV) 2011 Huil, sipresbome, want die sederboom het geval, die grootste en die mooiste van almal. Huil, eikebome van Basan, as jy toekyk hoe digte bosse afgekap word.
Afrikaans 1933/1953 Huil, o sipres, omdat die seder geval het, omdat die pragtige bome verwoes is! Huil, eike van Basan, omdat die ontoeganklike woud afgekap is.
Afrikaans 1983 Huil, sipres, want 'n seder het geval, die grootste bome is verwoes! Huil, groot bome in Basan, want die ondeurdringbare bos het geval!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Huil, sipres, want 'n seder het geval, die magtige bome is verwoes! Huil, eike van Basan, want die digte bos is afgekap!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die sipresboom moet huil, want die sederboom het omgeval en die mooiste bome het afgebrand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Huil, sipresbome, want baie van die sederbome het in die slag gebly. Die mooiste en beste bome is vernietig. Huil, akkerbome van Basan, want net stompe het in die digte bos oorgebly.