Zechariah 11:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wee die afgodsherder wat die kudde verlaat! die swaard sal oor sy arm en oor sy regteroog wees; sy arm sal skoon verdroog en sy regteroog heeltemal verduister word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “So ’n nikswerd herder wat sy trop verlaat, sal verseker veroordeel word! Mag die swaard sy arm afkap en sy regteroog deurboor! Sy arm sal onbruikbaar word en sy regteroog heeltemal blind!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Wee die slegte herder wat die skape in die steek laat! Mag die swaard sy arm tref en sy regteroog! Mag sy arm heeltemal verdor en sy regteroog heeltemal verduister word! |
| Afrikaans 1983 | Ellende wag vir die herder wat alles verkeerd doen en die skape in die steek laat! Mag die swaard sy arm en sy regteroog tref! Mag sy arm heeltemal verdor, mag sy regteroog heeltemal blind word! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Wee die nuttelose herder wat die skape in die steek laat! Mag die swaard sy arm en sy regteroog tref! Mag sy arm heeltemal verdor, en sy regteroog heeltemal blind word!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit sal sleg gaan met die skaapwagter wat nie weet hoe om sy skape op te pas nie en wat die skape alleen los. 'n Swaard sal in sy arm en ook in sy regter-oog steek. Sy arm sal heeltemal gebreklik word, en sy regter-oog sal heeltemal blind word.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy laat sy mense in die steek; daarom is swaarkry sy voorland. Mag ’n swaard sy arm en sy regteroog wond! Mag dit so wees dat hy nie weer sy arm kan gebruik nie en dat hy blind in sy regteroog sal wees!” |