Zechariah 11:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want kyk, Ek sal 'n herder in die land verwek, wat die uitgeroeides nie sal besoek nie, en die kleintjie nie sal soek en wat gebroke is, nie genees en wat stilstaan nie sal wei nie; maar hy sal die vleis van die vet, en skeur hulle kloue in stukke. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit sal wys hoe Ek vir die nasie ’n herder sal gee wat nie omgee vir skape wat vergaan nie, wat nie die lammers gaan soek, of die beseerde skape versorg, of die gesonde skape kos gee nie. Inteendeel, hierdie herder sal die vleis van die vetste skaap eet en die ander se kloue afruk. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want kyk, Ek sal 'n herder verwek in die land; na wat verlore is, sal hy nie omkyk nie; wat verstrooi is, nie opsoek nie; en wat gebroke is, nie genees nie; en wat nog regop staan, nie versorg nie. Maar die vleis van die vettes sal hy eet en selfs hulle kloue afruk. |
| Afrikaans 1983 | Ek gaan nou 'n herder in die land aanstel wat niks omgee vir dié wat wegraak nie, nie die lammers soek nie, nie dié wat seergekry het, dokter nie en die gesondes nie kos gee nie, maar wat die vleis van die vetstes eet en die ander se kloue afruk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want kyk, Ek gaan 'n herder in die land laat opstaan – dié wat wegraak, sal hy nie probeer opspoor nie, die jonges sal hy nie soek nie, dié met gebreekte bene nie gesond maak nie en dié wat uitgeput is, nie voer nie. Maar die vleis van die vet diere sal hy eet; selfs die hoewe sal hy afruk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want Ek sal nou 'n skaapwagter kies en aanstel hier in die land. Hy sal nie bekommerd wees oor die skape wat wegraak nie. Hy sal nie die lammers soek nie, hy sal nie die skape help wat seergekry het nie, en hy sal nie die gesonde skape oppas nie. Hy sal die vet skape op-eet en ook hulle pote. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek gaan vir hierdie volk ’n leier gee wat nie vir hulle omgee nie. Hy sal net soos ’n slegte herder wees. Dit sal hom nie pla as sy mense wegraak nie. Hy sal ook nie die jonges soek wat afdwaal nie. Verder sal hy ook nie dié verpleeg wat seerkry nie. Hy sal ook nie sorg dat dié wat gesond is kos kry nie. Hy sal net kyk wat hy vir homself uit alles kan kry. Hy sal mense gebruik en misbruik tot sy eie voordeel. |