Zechariah 11:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het ek my ander staf, die bande, stukkend gesny, om die broederskap tussen Juda en Israel te verbreek.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe breek ek my ander herderskierie, “Eenheid”, om daarmee te wys dat die verbond van eenheid tussen Juda en Israel verbreek was.
Afrikaans 1933/1953 Toe het ek my tweede staf, Samebinding, verbreek, om die broederskap tussen Juda en Israel te verbreek.
Afrikaans 1983 Ek slaan toe ook my ander kierie, Vereniging, stukkend om so die broederskap tussen Juda en Israel te verbreek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het my tweede herderstok, Samehorigheid, in stukke gebreek om die broederskap tussen Juda en Israel te verbreek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna het ek my ander kierie, Saamwees, gebreek om te wys dat die mense van Juda en Israel nie meer saam sal wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het ek die ander kierie met die naam Saamwees gebreek. Van saamwees tussen Juda en Israel sou daar nie langer gepraat kon word nie, want die band tussen hulle is verbreek.