Zechariah 11:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het vir my gesê: Gooi dit vir die pottebakker; En ek het die dertig silwerstukke geneem en dit vir die pottebakker in die huis van die HERE gegooi.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het toe vir my gesê: “Gooi dit vir die pottebakker!” Dit was die buitengewone prys waarmee hulle my geëvalueer het! Ek het toe die 30 muntstukke geneem en dit in die tempel van die Here vir die pottebakker gegooi.
Afrikaans 1933/1953 Hierop sê die HERE vir my: Gooi dit vir die pottebakker -- die heerlike prys waarmee Ek deur hulle gewaardeer is! En ek het die dertig sikkels silwer geneem en dit in die huis van die HERE vir die pottebakker gegooi.
Afrikaans 1983 Die Here het vir my gesê: Gooi dit vir die pottebakker! En dit was nogal die kosbare loon wat hulle gemeen het ek werd is! Maar ek het die dertig stukke gevat en dit in die huis van die Here vir die pottebakker gegooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê die Here vir my: “Gooi dit vir die smelter! Dit is die kosbare prys waarmee Ek deur hulle na waarde geskat is.” Ek het die dertig sikkel silwer geneem en dit in die huis van die Here vir die smelter gegooi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het gedink dit is hoeveel ek moet kry. Die Here het toe vir my gesê: “Gooi die silwer vir die man wat dit kan smelt.” Ek het die 30 stukke silwer geneem en ek het dit in die tempel vir die man gegooi wat silwer smelt.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het vir my gesê: “Gooi die geld in die geldhouer van die tempel.” Die sommetjie geld was al wat hulle gedink het ek werd is. Ek het die 30 silwermunte gevat en dit in die geldhouer van die tempel van die Here gegooi.