Zechariah 11:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ek het my staf, Skoonheid, geneem en dit stukkend gekap, om my verbond te verbreek wat ek met die hele volk gesluit het.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het toe my herderskierie “Guns” gevat en dit middeldeur gebreek. Daarmee wou ek wys dat ek die verbond wat ek met al die nasies gehad het, verbreek.
Afrikaans 1933/1953 Toe het ek my staf Lieflikheid geneem en dit verbreek, om my verbond wat ek met al die volke gesluit het, te verbreek.
Afrikaans 1983 Ek het my kierie Vriendelikheid gevat en dit stukkend geslaan om so die ooreenkoms wat ek met al die volke gehad het, te verbreek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het my herderstok, Welwillendheid, geneem en dit in stukke gebreek, om so die verbond wat ek met al die volke gesluit het, te verbreek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek neem toe my een kierie, Vriendelikheid, en ek breek dit. Die Here het gesê Hy sal sy verbond ook so breek, die verbond wat Hy met al die volke gemaak het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het toe my kierie met die naam Vriendelikheid gevat en dit middeldeur gebreek. Ek het dit gedoen om vir hulle te wys dat ek die ooreenkoms wat ek met die volke gemaak het, nie langer gaan hou nie.