Zechariah 10:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal hulle onder die volke saai, en hulle sal aan My dink in ver lande; en hulle sal saam met hulle kinders lewe en terugdraai.
Afrikaans (NLV) 2011 Hoewel Ek hulle verstrooi het soos saad tussen die nasies, sal hulle My bly onthou in veraf lande. Met hulle kinders sal hulle oorleef en weer terugkom huis toe, na Israel toe.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal hulle saai onder die volke, en in die verafgeleë streke sal hulle aan My dink; en hulle sal saam met hul kinders in die lewe bly en terugkom.
Afrikaans 1983 Al verstrooi Ek hulle weer onder die volke, sal hulle My daar in die ver plekke onthou, en hulle en hulle kinders sal bly lewe en terugkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal hulle tussen die volke saai en in verre lande sal hulle aan My dink. Hulle sal saam met hulle kinders leef en weer terugkom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het hulle weggevat en Ek het hulle tussen ander volke laat woon. Hulle was ver weg in ander plekke, maar hulle het aan My gedink. Daarom sal hulle en hulle kinders lewe, en hulle sal terugkom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het toegelaat dat hulle soos saad oral tussen volke gestrooi word. Maar al is hulle daar in die vreemde lande, sal hulle nie van My vergeet nie. Hulle en hulle kinders sal die omstandighede daar oorleef. Hulle sal na Israel toe terugkom.