Zechariah 10:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek sal oor hulle fluit en hulle bymekaarmaak; want Ek het hulle verlos, en hulle sal vermeerder soos hulle vermeerder het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer Ek vir hulle fluit, sal hulle aangehardloop kom omdat Ek hulle verlos het. Uit die min wat oorgebly het, sal hulle bevolking groei soos wat dit vroeër was. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek wil vir hulle fluit en hulle vergader, want Ek het hulle losgekoop; en hulle sal net so talryk wees soos tevore. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal vir hulle fluit en hulle bymekaarmaak. Ja, Ek gaan hulle red, en hulle sal net so baie wees as tevore. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal vir hulle fluit en hulle bymekaarmaak, want Ek het hulle verlos en hulle sal vermeerder soos voorheen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal vir die mense van Efraim fluit om hulle te roep en Ek sal hulle bymekaarmaak. Ja, Ek sal hulle red, en hulle sal weer so baie wees soos voorheen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As Ek ’n teken gee, sal my volk bymekaarkom. Hulle weet Ek wil hulle weer vrymaak. Hulle sal weer net soveel mense wees soos hulle was voordat hulle uit hulle land weggevat is. |