Zechariah 10:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle van Efraim sal wees soos 'n held, en hulle hart sal bly wees soos deur wyn; ja, hulle kinders sal dit sien en bly wees; hulle hart sal bly wees in die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Israel sal soos dapper helde wees, hulle harte sal gelukkig wees asof hulle wyn gedrink het. Hulle kinders sal alles sien en ook bly wees; hulle harte sal juig in die Here.
Afrikaans 1933/1953 En Efraim sal wees soos 'n held, en hulle hart sal vrolik wees soos deur wyn, en hulle kinders sal dit sien en hulle verbly, hulle hart sal juig in die HERE.
Afrikaans 1983 Die mense van Efraim sal soos sterk vegsmanne wees, hulle sal vrolik wees asof hulle wyn gedrink het. Hulle kinders sal dit sien en bly wees, hulle sal juig oor My, die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Efraim sal wees soos krygshelde, hulle harte sal vrolik wees soos van wyn. Hulle kinders sal dit sien en bly wees, hulle sal van harte juig oor die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Efraim sal soos goeie soldate wees. Hulle sal bly wees soos mense wat wyn gedrink het. Hulle kinders sal sien wat Ek gedoen het, en hulle sal ook bly wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense van Israel sal soos dapper soldate wees. So bly sal hulle wees dat mense sal dink hulle het te veel wyn gedrink. Hulle kinders sal alles sien wat gebeur en bly wees daaroor. Hulle sal baie bly wees oor wat die Here gedoen het.