Zechariah 10:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sal wees soos helde wat hulle vyande vertrap in die modder van die strate in die geveg; en hulle sal veg, omdat die HERE met hulle is, en die ruiters op perde sal beskaamd staan.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle sal in ’n geveg soos dapper soldate wees wat hulle vyande met hulle voete in die modder sal vertrap. Omdat die Here by hulle is in die geveg sal hulle die perderuiters van die vyand oorwin.
Afrikaans 1933/1953 En hulle sal wees soos helde wat in die oorlog die modder van die strate vertrap; en hulle sal veg, want die HERE is met hulle; en die ruitery sal beskaamd uitkom.
Afrikaans 1983 Soos sterk vegsmanne sal die mense van Juda die vyand soos modder in die strate vertrap. Hulle sal veg, want die Here is by hulle; hulle sal die perderuiters op die vlug jaag.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal soos krygshelde wees wat in 'n geveg die vyand in die modder van die strate vertrap. Hulle sal veg omdat die Here met hulle is, en hulle sal die vyand se perderuiters verneder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die nuwe leiers sal sterk wees soos soldate wat op die vyande trap, soos 'n mens trap op modder in die strate. Die nuwe leiers van Juda sal oorlog maak teen hulle vyande, want die Here is by hulle. Hulle sal ook die vyande wat op perde ry, laat vlug.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sal soos dapper mense wees wat oorlog maak. Hulle sal hulle vyande heeltemal verslaan. Die vyand sal soos modder onder hulle voete vertrap word. Omdat die Here by hulle is wanneer hulle veg, sal hulle selfs die vyand se soldate wen wat op perde ry.