Zechariah 10:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Uit hom het die hoek voortgekom, uit hom die spyker, uit hom die strydboog, uit hom elke verdrukker saam.
Afrikaans (NLV) 2011 Uit Juda sal die hoeksteen, die tentpen, die oorlogsboog en al die heersers kom.
Afrikaans 1933/1953 Uit hom sal die hoeksteen, uit hom die muurpen, uit hom die strydboog, uit hom die heersers almal saam uitgaan.
Afrikaans 1983 Uit Juda sal die hoekklip kom, uit hom sal die tentpen, uit hom die pyl en boog vir die oorlog kom, en uit hom sal elke onderdrukker padgee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Uit Juda sal die hoeksteen kom, uit hom die tentpen, uit hom die strydboog; uit hom sal alle onderdrukkers saam weggaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar sal nou leiers uit Juda kom wat sterk is. Hulle sal so sterk wees soos hoek-klippe en tentpenne. Die Here sal hulle gebruik om oorlog te maak soos 'n mens 'n pyl en boog gebruik. Die vyande wat die mense van Juda verdruk het, sal nou moet vlug.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Uit Juda sal al die leiers vir die toekoms kom. Hulle sal soos die hoeksteen van ’n gebou wees. Hulle sal wees soos die pen wat die tent anker en regop hou of soos die boog wat in gevegte gebruik word.