Zechariah 10:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) My toorn het ontvlam teen die herders, en ek het die bokke besoek, want die HERE van die leërskare het sy kudde, die huis van Juda, besoek en hulle gemaak soos sy pragtige perd in 'n geveg.
Afrikaans (NLV) 2011 “My woede brand teen julle herders en Ek sal hierdie leiers straf. Die Here, die Almagtige, het aangekom om sy kudde te versorg. Hy gaan hulle sterk maak soos ’n trotse oorlogsperd.
Afrikaans 1933/1953 Teen die herders het my toorn ontvlam, en oor die voorbokke sal Ek besoeking bring; want die HERE van die leërskare gee ag op sy kudde, op die huis van Juda, en maak hulle tot sy pragtige perd in die stryd.
Afrikaans 1983 Maar nou het my toorn ontvlam teen die herders, Ek gaan rekenskap eis van die voorbokke, sê die Here. Ja, die Here die Almagtige het Hom die lot van sy kudde Juda aangetrek, Hy gaan hulle sy trotse oorlogsperd maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Teen die herders het my toorn ontbrand, die voorbokke gaan Ek straf.” Ja, die Here, Heerser oor alle magte, versorg sy kudde, die huis van Juda; Hy maak hulle soos sy trotse perd in die oorlog.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê Hy is kwaad vir die leiers van die volk en Hy sal hulle straf omdat hulle verkeerd gedoen het. Ja, die mense van Juda is die skape van die Here wat oor alles regeer, en Hy het hulle gestraf. Maar hulle sal nou die Here se perde wees en Hy sal trots wees op hulle. Hy sal hulle gebruik om oorlog te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: “Ek is baie kwaad vir hierdie leiers wat na die mense moes kyk. Ek gaan hulle straf. Ek is my volk Juda se herder en Ek sal hulle versorg.” Die Here sal sorg dat hulle weer trots op hulleself is.