Zechariah 10:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die afgode het nietigheid gespreek, en die waarsêers het leuens gesien en valse drome vertel; hulle troos tevergeefs; daarom het hulle soos 'n kudde getrek, hulle was verskrik, omdat daar geen herder was nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Wat die huisgode sê, is valse raad, waarsêers voorspel net leuens, die uitlêers van drome verkondig net leë troos. My volk dwaal soos verlore skape sonder ’n herder wat hulle beskerm en lei.
Afrikaans 1933/1953 Want die huisgode spreek bedrog, en die waarsêers sien leuens en verkondig nietige drome, hulle troos met wind. Daarom het hulle weggeswerwe soos 'n kudde; hulle verkeer in verdrukking, omdat daar geen herder is nie.
Afrikaans 1983 Wat die afgodsbeelde sê, is bedrog; wat die waarsêers sien, is leuens; die drome wat hulle vertel, het nie plaasgevind nie; hulle probeer troos met wat nie bestaan nie. Daarom moes die volk weg, moes hulle in ellende beland soos skape wat nie 'n wagter het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want die huisgode beloof bedrieglike dinge, en die waarsêers se visioene is vals. Hulle verkondig vals drome en hulle troos tevergeefs. Daarom trek die mense rond soos kleinvee, hulle kry swaar omdat daar nie 'n herder is nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, julle moenie glo wat die afgodsbeelde sê nie, hulle woorde beteken niks en die mense wat dink hulle weet wat ander mense nie kan weet nie, lieg vir julle. Hulle sê hulle het gedroom en hulle sê dit sal reën, maar dit is nie waar nie, daar gebeur niks. Julle het vir die afgodsbeelde en vir daardie mense gevra wat sal gebeur. Daarom kry julle swaar soos skape wat verdwaal het omdat hulle nie 'n wagter het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Baie mense soek hulp en raad by die afgodsbeeldjies wat in hulle huise is. Ander mense weer vra hulp by mense wat sê dat hulle die toekoms vooruit kan vertel. Die raad wat hulle kry, is niks werd en niks anders as leuens nie. Mense wat sê dat hulle drome uitlê, bedrieg ander mense. Die troos wat hulle kastig vir mense gee, help nie regtig nie. My volk is nou soos verdwaalde skape wat nie ’n herder het om hulle te beskerm of rigting te gee nie. Hulle is leierloos!