Zechariah 10:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sal met ellende deur die see gaan en die golwe in die see slaan, en al die dieptes van die rivier sal opdroog; en die trots van Assirië sal neergewerp word, en die septer van Egipte sal wyk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sal veilig trek deur die see van nood omdat die golwe van die see teruggehou sal word. Die water van die Nylrivier sal droog word. Die trots van Assirië sal vernietig word en die heerskappy van Egipte sal tot ’n einde kom. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy sal deur die see van benoudheid trek en die golwe in die see slaan, en al die dieptes van die Nyl sal opdroog; ook sal die trotsheid van Ass¡rië neergewerp word, en die septer van Egipteland wyk. |
| Afrikaans 1983 | Die volk sal deur die gevaarlike see trek, die golwe in die see sal oorwin word en al die Nyldieptes sal opdroog. Die hoogmoed van Assirië sal tot 'n val kom, die heerskappy van Egipte sal die wyk moet neem. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sal in benoudheid deur die see trek, en Hy sal die golwe in die see verslaan. Al die dieptes van die Nyl sal opdroog. Die trots van Assirië sal tot 'n val gebring word, en die heerskappy van Egipte tot 'n einde kom. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sal deur die water gaan waar dit nie breed is nie. Hulle sal op die branders slaan, en die Nyl-rivier sal droog word, ook die diep plekke in die rivier. Dan sal die mense van Assirië nie hoogmoedig wees nie, en die Egiptenaars sal nie regeer nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sal deur die onstuimige waters van die see gaan, want die golwe sal vir hulle ’n pad maak. Verder sal die water van die Nyl opdroog. Assirië is baie neus in die lug, maar hulle sal hard aarde toe kom. Egipte sal ook nie langer baasspeel oor ander mense nie. |