Zechariah 10:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Vra vir die HERE om reën in die tyd van die laat reëns; so sal die HERE helder wolke maak en aan hulle reënbuie gee vir elkeen gras in die veld. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vra die Here vir reën in die lente en Hy sal dit gee. Hy maak onweerswolke wat stortreën laat val sodat elke veld lowergroen word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Bid tot die HERE om reën in die tyd van die laat reëns; die HERE maak die weerligte, en Hy sal aan hulle 'n stortreën gee, plante op die veld aan iedereen. |
| Afrikaans 1983 | Vra vir die Here reën in die tyd wanneer die laat reëns moet kom. Hy maak die reënwolke en laat die stortreëns val, Hy gee vir die mense die groen plante in die veld. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vra vir die Here reën in die tyd van die laatreëns. Die Here wat die donderwolke maak, sal vir hulle stortreën gee en vir die mens groen plante in die veld; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer julle reën nodig het, maar dit reën nie, dan moet julle vir die Here reën vra. Dit is die Here wat die wolke vol water maak sodat dit hard kan reën. Dit is Hy wat reën gee vir die plante in die veld. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vra die Here vir reën in die lente en Hy sal dit gee. Dit is die Here wat die reënwolke maak en hulle laat stortreën. Hy sorg dat daar genoeg groen weiding in die veld vir almal is. |