Titus 3:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Bring Zenas, die wetgeleerde, en Apollos ywerig op hulle reis, dat niks hulle ontbreek nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Doen jou bes om Senas, die regsgeleerde, en Apollos met hulle reis te help sodat hulle niks kortkom nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy moet Senas, die wetgeleerde, en Apollos ywerig voorthelp, sodat dit hulle aan niks ontbreek nie. |
| Afrikaans 1983 | Doen ook jou bes om vir Senas, die regsgeleerde, en Apollos voort te help op hulle reis, en sorg dat hulle niks kortkom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Help ook vir Senas, die regsgeleerde, en vir Apollos, na die beste van jou vermoë, vooruit op hulle reis, sodat hulle niks kortkom nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet hard probeer om vir Senas, die wetgeleerde, en Apollos te help met alles wat hulle moet hê wanneer hulle weggaan. Hulle moet genoeg van alles hê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar kom ook twee mans na jou toe oor wie jy jou moet ontferm. Hulle name is Senas, ’n regsgeleerde, en Apollos. Maak jou hart en jou huis vir hulle oop. Kyk dat hulle ’n dak oor hulle kop het en ook iets om te eet. |