Song of Solomon 8:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Baie waters kan die liefde nie uitblus nie, en die waterstrome kan dit nie oorweldig nie;
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Stroom water kan die liefde nie blus nie. Riviere kan dit nie wegspoel nie. Selfs al wil iemand liefde koop met alles wat hy besit, sal hy net uitgelag word.”
Afrikaans 1933/1953 Groot waters kan die liefde nie uitblus en riviere dit nie oorstroom nie; al gee 'n man ook al die goed van sy huis vir die liefde, hulle sou hom diep verag.
Afrikaans 1983 Strome water kan die liefde nie blus nie, riviere kan dit nie afkoel nie. Al wil iemand vir die liefde al die rykdom in sy huis betaal, hy sal daaroor uitgelag word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Baie water kan die liefde nie blus nie, riviere kan dit nie wegspoel nie. As iemand alles in sy huis aanbied in ruil vir liefde, sal hy diep verag word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Baie water kan nie die liefde laat ophou nie, riviere kan dit nie wegspoel nie. 'n Mens kan nie liefde koop nie. As iemand alles wat hy in sy huis het, wil gee om liefde te koop, dan sal mense dink hy is baie dom, hulle sal vir hom lag.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Geen water kan die liefdesgloed demp nie en riviere kan dit nie blus nie. Elkeen wat liefde met geld en besittings wil koop, word verwerp.