Song of Solomon 8:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Stel my soos 'n seël op u hart, soos 'n seël op u arm, want die liefde is sterk soos die dood; jaloesie is wreed soos die doderyk: sy kole is kole van vuur wat 'n sterk vlam het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hou my vas teen jou, soos die seëlring op jou bors, soos die seëlring aan jou vinger. Liefde is so sterk soos die dood. Liefdesdrif so magtig soos die doderyk. Dit brand soos ’n vuurvlam wat alles verteer.
Afrikaans 1933/1953 Dra my soos 'n seëlring op u hart, soos 'n seëlring op u arm; want liefde is sterk soos die dood, die liefdes-ywer is hard soos die doderyk, sy gloed is 'n gloed van vuur, 'n vlam van die HERE.
Afrikaans 1983 Hou my teen jou soos die seëlring op jou bors, soos die seëlring aan jou arm. Die liefde is sterker as die dood, die hartstog magtiger as die doderyk; dit brand en vlam soos vuur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dra my soos 'n rolseël teen jou hart, soos 'n rolseël aan jou arm; want liefde is kragtig soos die dood, hartstog meedoënloos soos die •doderyk – die liefdesgloed is 'n vlammende vuur, 'n verterende vlam.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet my soos 'n seëlring teen jou bors druk, soos 'n seëlring om jou arm, want die liefde is so sterk soos die dood, dit is so sterk soos die doderyk, dit is 'n vuur wat warm brand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gee my die enigste plek in jou hart. Dra my binne-in jou soos ’n mens ’n seëlring aan jou arms dra. Liefde is sterker as die dood en die liefdesdrang sterker as die doderyk. Die gloed van warm liefde gloei soos ’n groot vuur.