Song of Solomon 8:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie is dit wat uit die woestyn opkom en op haar beminde leun? Ek het jou onder die appelboom laat opstaan; daar het jou moeder jou gebaar; daar het sy jou gebaar wat jou gedra het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wie kom daar uit die woestyn terwyl sy leun op haar beminde?” “Onder die appelboom het ek jou opgewek, daar waar jou ma jou in die wêreld gebring het, waar sy met pyn aan jou geboorte gegee het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie is dit wat daar opkom uit die woestyn, wat leun op haar beminde? Onder die appelboom het ek u opgewek. Daar was u moeder in barensweë oor u, daar was sy in barensweë wat u voortgebring het. |
| Afrikaans 1983 | “Wie is dit wat daar uit die woestyn uit kom terwyl sy leun op die man wat sy liefhet?” “Ek het jou wakker gemaak onder 'n appelboom, daar waar jou ma swanger geword het, waar sy wat jou in die wêreld gebring het, swanger geword het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie is dit wat daar uit die woestyn kom aan die arm van haar liefste? Onder die appelboom laat ek jou ontwaak: Daar het jou ma met jou swanger geraak, daar het sy wat swanger was jou in die wêreld gebring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vroue sê: “Wie is hierdie vrou wat uit die woestyn kom en wat vashou aan die arm van die man vir wie sy lief is?” Sy sê: “Ek het jou wakker gemaak onder die appelboom, daar is jy gebore, daar het jou ma die pyn gevoel, en daar is jy gebore. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie kom daar hand aan hand uit die woestyn met haar geliefde aan? Onder die appelboom het ek jou bemin. Op die plek waar jy gebore is en waar jou ma jou met pyn in die wêreld gebring het, het ek jou liefgehad. |