Song of Solomon 8:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sou jou lei en jou in die huis van my moeder bring, wat my sou onderrig: Ek sou jou laat drink van speserye van die sap van my granaatjie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek kon jou dan bring na my ma se huis, sy wat my kon leer hoe om lief te hê. Ek sou jou laat drink van my kruiewyn, van my soet granaatwyn.
Afrikaans 1933/1953 Ek sou u lei, ek sou u bring in die huis van my moeder; sy sou my leer; ek sou u laat drink van die gekruide wyn, van my granaatmos.
Afrikaans 1983 Dan het ek jou saamgevat en na my ma se huis toe gebring en het jy my daar die kuns van die liefde geleer. Dan het ek jou laat drink van my kruiewyn, van my granaatsap.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sou jou lei, jou na my ma se huis neem, sy wat my geleer het. Ek sou vir jou kruiewyn gee om te drink, die sap van my granate.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sou jou na my ma se huis gebring het, en jy sou vir my geleer het van die liefde. Ek sou jou laat drink het van my kruiewyn, van my granaatsap.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sou jou dan na my ma se huis toe geneem het en daar kon jy my van die liefde leer. En ek sou jou ’n slukkie van my kruiewyn gee en jou van my granaatlikeur laat drink het.