Song of Solomon 8:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maak gou, my geliefdes, en word soos 'n gemsbok of 'n jong takbok op die berge van speserye. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maak gou, my liefling. Kom na my toe so vinnig soos ’n ribbok, soos ’n jong takbok in die kruieberge!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Vlug, my beminde, en maak soos die gemsbok of die jong takbok op die balsemberge. |
| Afrikaans 1983 | “Hardloop, man wat ek liefhet, maak soos die ribbok, soos die takboklam op die kruieberge!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Glip weg, my liefste! Wees soos 'n ribbok of 'n jong rooitakbok op die heuwels vol speserye. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy sê: “Man vir wie ek lief is, jy moet gou maak. Jy moet hardloop soos 'n gasel of soos 'n jong takbok op die Balsem-berge.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kom, my liefling, kom gou na my. Wees snel soos die ribbok en rats soos ’n takbok se lam op die kruieberge. |