Song of Solomon 8:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) My wingerd, wat myne is, is voor my; jy, Salomo, moet duisend hê, en die wat die vrugte daarvan bewaar, twee honderd.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar ek werk alleen in my wingerd. Salomo, hou maar die 11 000 gram silwer vir jouself en gee 2 200 gram silwer vir die mense wat in die wingerd werk.”
Afrikaans 1933/1953 My wingerd, myne, is hier voor my, die duisend sikkels is vir u, Salomo, en twee honderd vir die wat sy vrugte bewaak.
Afrikaans 1983 My wingerd is myne alleen. Hou maar die silwer, Salomo, en sit daar twee duisend gram by vir dié wat die opbrengs bewaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) My eie wingerd is voor my. Die duisend silwerstukke is vir jou, Salomo, en tweehonderd vir hulle wat die vrugte oppas.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek pas self my wingerd op. Salomo, jy kan jou 1 000 stukke silwer hou, en ook die 200 stukke silwer wat die mense moet kry wat die druiwe oppas.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Salomo, my wingerd is mooi en is myne alleen. Hou maar jou wingerd en duisende silwer. Vir jou werkers gee ek selfs nog 200 meer.