Song of Solomon 8:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ag, was jy soos my broer, wat die borste van my moeder gesuig het! as ek jou daarbuite sou vind, sou ek jou soen; ja, ek moet nie verag word nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Was jy nou maar net my broer! Het jy ook maar aan my ma gedrink, dan kon ek sonder skaamte jou soen as ek jou buite teëkom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ag, was u maar vir my soos 'n broer wat aan die borste van my moeder drink! As ek u daar buite vind, ek sou u kus; en tog sou hulle my nie verag nie. |
| Afrikaans 1983 | Was jy maar my broer! Het jy ook maar aan my ma gedrink! Dan het ek jou gesoen as ek jou in die straat kry en niemand sou my daaroor kwalik geneem het nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Was jy maar vir my soos 'n broertjie wat aan my ma se borste drink. As ek jou buite teëkom en soen, sou niemand my kwalik neem nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Ek wens jy was my broer, ek wens jy het ook aan my ma se bors gedrink. As ek jou dan buite in die straat gekry het, dan sou ek jou gesoen het, en niemand sou gedink het dit is verkeerd nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Was jy tog maar vir my ’n broer en iemand wat ook aan my ma gedrink het. As ek jou dan in die straat gekry het, kon ek jou soen en niemand sou iets sê nie. |