Song of Solomon 7:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En jou verhemelte is soos die beste wyn vir my beminde, wat soet afsak en die lippe van die wat slaap, laat praat. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | jou mond soos goeie wyn wat tussen lippe en tande glad na binne vloei.” |
| Afrikaans 1933/1953 | en u verhemelte soos die beste wyn wat vir my beminde saggies na binne gly, en oor die lippe vloei van die wat inslaap. |
| Afrikaans 1983 | jou mond soos goeie wyn wat glad na binne gly vir die man wat jy liefhet, wat tussen sy lippe en sy tande deur vloei.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en jou mond soos die beste wyn...... wat glad vir my liefste vloei, liggies oor die lippe van slapendes gly. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | jou mond moet smaak soos goeie wyn.” Sy sê: “Dit is soos wyn wat vloei na die man vir wie ek lief is, wyn wat saggies vloei oor die lippe van mense wat slaap! |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jou mond proe soos die edelste wyn wat saggies oor my lippe en tande vloei. |