Song of Solomon 7:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het gesê: Ek sal opgaan na die palmboom, Ek sal sy takke gryp; nou sal ook jou borste wees soos trosse van die wingerdstok en die reuk van jou neus soos appels;
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het vir myself gesê: ‘Teen hierdie palmboom wil ek uitklim en sy dadeltrosse gryp.’ Laat jou twee borste vir my wees soos druiwetrosse. Laat jou asem vir my ruik soos dié van appels,
Afrikaans 1933/1953 Ek het gedink: Laat ek op die dadelpalm klim, laat ek sy trosse gryp; en laat u borste tog wees soos trosse van die wingerdstok, en die geur van u asem soos die van appels,
Afrikaans 1983 Ek dink ek gaan teen die palmboom opklim en sy trosse blomme gryp. Laat jou borste vir my soos trosse druiwe wees, die reuk van jou neus soos dié van appels,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek het gedink: Ek wil teen die palmboom opklim en sy dadelpluime pluk. Mag jou borste soos trosse druiwe wees, die geur van jou asem soos appels,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gedink ek wil opklim teen die palmboom, ek wil sy trosse dadels pluk. Jou borste moet vir my wees soos trosse druiwe, jou neus moet ruik soos appels,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het vir myself gesê dat ek nog in hierdie palm wil klim en van sy vrugte wil pluk. Jou borste is soos twee druiwetrosse en jou asem ruik na appels.