Song of Solomon 7:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jou nek is soos 'n toring van ivoor; jou oë soos die vispoele in Hesbon, by die poort van Batrabbim; jou neus is soos die toring van die Líbanon wat na Damaskus kyk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jou nek is so sierlik soos ’n toring van ivoor. Jou oë is soos die poele by Gesbon, by die ingang na Bat-Rabbim. Jou neus is soos die toring van die Libanon wat uitkyk na Damaskus toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | U hals is soos 'n ivoortoring, u oë vywers in Hesbon by die poort Bat-Rabbim; u neus soos die toring van die L¡banon wat na Damaskus toe uitkyk. |
| Afrikaans 1983 | Jou nek is soos 'n toring van ivoor, jou oë soos die damme by Gesbon, by die poort van dié groot stad. Jou neus is soos die toring op Libanon wat na Damaskus toe kyk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jou nek is soos 'n toring van ivoor, jou oë soos die poele by Gesbon, by die poort van Bat-Rabbim. Jou neus is soos die toring van Libanon wat uitkyk oor Damaskus. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jou nek is soos 'n toring van ivoor, jou oë is soos die damme by die stad Gesbon, soos die damme by die poort van Bat-Rabbim, jou neus is soos die toring op die Libanon-berg wat na die stad Damaskus kyk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jou nek is so slank soos ’n ivoortoring. Jou oë is so helder soos die poele naby die poorte van Hesbon. Jou neus is soos die toring van Libanon van waar ’n mens Damaskus kan sien. |