Song of Solomon 7:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die mandrake gee 'n reuk, en by ons poorte is allerhande lieflike vrugte, nuut en oud, wat ek vir jou weggelê het, o my beminde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Liefdesappels versprei hulle geur, en by ons deur is daar vrugte, vars en ryp. My liefling, ek het hulle net vir jou gebêre.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die liefdesappels gee geur, en by ons deure is allerhande kostelike vrugte, vars en oud; o my beminde, dit het ek vir u weggebêre. |
| Afrikaans 1983 | “Die liefdesappels versprei hulle geur; daar is allerlei keurige vrugte by ons deur, vars en oud; ek het hulle vir jou gebêre, man wat ek liefhet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die alruin versprei sy geur en voor ons deur is allerlei heerlike vrugte van hierdie en die vorige seisoen, wat ek vir jou bewaar het, my liefste. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy sê: “Die liefdes-appels ruik baie lekker, daar is baie lekker vrugte voor ons deur, nuwe en ou vrugte. Man vir wie ek lief is, ek het dit vir jou gebêre. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die liefdesappels se geure is oral te ruik. Naby ons deur groei die heerlikste vrugte en vir my liefling het ek daarvan bewaar. |