Song of Solomon 7:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat ons vroeg opstaan na die wingerde; laat ons kyk of die wingerdstok floreer, of die sagte druiwe verskyn en die granate uitspruit; daar sal Ek jou my liefdes gee.
Afrikaans (NLV) 2011 Môre-oggend vroeg gaan ons na die wingerde toe om te kyk of dit al bot, of die botsels al oop is, en of die granaatbome al bloei. Daar gee ek jou my liefde.
Afrikaans 1933/1953 Laat ons vroeg na die wingerde gaan, laat ons sien of die wingerdstok uitloop, die druiwebloeisel oopgaan, die granate blom. Daar sal ek u my liefde gee.
Afrikaans 1983 ons gaan vroeg smôrens na die wingerde toe, ons gaan kyk of die wingerdstokke bot, of die botsels oop is en die granaatbome bloei. Daar sal ek my liefde vir jou gee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat ons vroeg na die wingerde gaan, gaan kyk of die wingerd bot, of die botsels al oop is, of die granaatbome in bloei staan. Daar sal ek my liefde aan jou gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Kom ons gaan vroeg na die wingerde, kom ons gaan kyk of die wingerdstokke nuwe blare kry, kom ons gaan kyk of die blomme oopgegaan het en of die granaatbome blom. Daar sal ek vir jou wys hoe lief ek vir jou is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vroegoggend besoek ons die wingerd en kyk of die bome al bot en die granaatboom se bloeisels al blom. Daar sal ek jou dan al my liefde wil gee.