Song of Solomon 7:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoe mooi is jou voete met skoene, o prinsdogter! die gewrigte van jou heupe is soos edelstene, die werk van die hande van 'n listige werker. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Dogter van ’n prins, hoe pragtig is jou voete in jou sandale. Die rondings van jou heupe is soos juwele wat ’n kunstenaar met sy hande gemaak het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoe mooi is u skrede in die skoene, o edele dogter! Die golwende lyne van u heupe is soos halssierade, 'n werk van kunstenaarshande. |
| Afrikaans 1983 | “Jou voete is so mooi in jou skoene, edel dogter, die rondings van jou heupe is soos juwele wat deur kunstenaarshande gemaak is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hoe mooi is jou voete in jou sandale, dogter van 'n edele. Die kurwes van jou heupe is soos ornamente – die werk van kunstenaarshande! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sê: “Prinses, jou twee voete is baie mooi in jou sandale, jou heupe lyk soos juwele wat 'n ambagsman gemaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoe wondermooi is jy tog nie! Hoe fraai en fyn lyk jou voete nie in jou sandale nie. Jou heupe se rondings is die werk van kunstenaarshande. |