Song of Solomon 6:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My duif, my onbesmette is maar een; sy is die enigste een van haar ma, sy is die uitverkore een van haar wat haar gebaar het. Die dogters het haar gesien en haar geseën; ja, die koninginne en die byvroue, en hulle het haar geprys. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | maar ek kies nog steeds net my duif, want my volmaakte is uniek. Sy is haar ma se enigste dogter, die appel van haar oog. As die jong meisies haar sien, bewonder hulle haar. Selfs koninginne en byvroue besing haar lof. |
| Afrikaans 1933/1953 | Een, die is my duif, my volmaakte, die enigste vir haar moeder; sy is die uitverkorene vir die een wat haar gebaar het. Die dogters het haar gesien en haar gelukkig geprys, die koninginne en die byvroue, en haar geroem: |
| Afrikaans 1983 | maar sy, my duif, my volmaakte, is enig, die enigste dogter van haar ma, haar ma se oogappel. Die jongmeisies kyk na haar; hulle praat met bewondering oor haar, die koninginne en die byvroue sing haar lof. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | my duif, my volmaakte, is enig. Enig is sy vir haar ma, die gunsteling van die een wat haar in die wêreld gebring het. Die meisies sien haar raak en noem haar gelukkig; die koninginne en byvroue sien haar raak en prys haar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar daar is net een vrou soos sy, sy is my duif, alles aan haar liggaam is perfek. Sy is die enigste dogter van haar ma, sy is die een vir wie haar ma baie lief is. Wanneer die ander jong vroue haar sien, dan sê hulle sy is gelukkig, die vroue en die byvroue van die koning prys haar. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | dan kies ek jóú nog bo almal, my liefste. Jy is jou ma se lieflingskind en die mooiste van alle vroue. Koninginne, byvroue en jongmeisies moet jou skoonheid prys. |