Song of Solomon 6:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Draai jou oë van my af, want hulle het my oorwin; jou hare is soos 'n trop bokke wat uit Gílead verskyn.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie in my oë kyk nie, want dit oorweldig my. Jou hare is soos ’n trop bokke wat afkom teen die Gileadberge.
Afrikaans 1933/1953 Draai u oë van my af weg, want hulle verskrik my; u hare is soos 'n kudde bokke wat van G¡lead afgolf.
Afrikaans 1983 Draai jou oë liewer weg van my af, hulle maak my onrustig. Jou hare is soos 'n trop bokke wat teen die Gileadberge afkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wend jou oë af van my, want hulle ontsenu my. Jou hare is soos 'n trop bokke wat teen Gilead afstroom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moenie na my kyk nie, jou oë maak my senuweeagtig. Jou hare is soos 'n trop bokke wat afkom teen Gilead-berg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kyk weg van my, my liefste, want jou oë verkrummel al my weerstand. Jou mooi golwende hare lyk soos bokke wat teen die heuwels van Gilead afhuppel.