Song of Solomon 6:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Keer terug, keer terug, Sulamiet! keer terug, keer terug, dat ons na U kan kyk. Wat sal julle in die Sulamiet sien? As 't ware die geselskap van twee leërs. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Kom terug! Kom terug na ons, meisie van Sulam! Kom terug! Kom terug dat ons weer na jou kan kyk!” “Wat wil julle sien aan die Sulammitiese meisie waar sy dans tussen die twee rye?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Kom terug, kom terug, Sulammitiese, kom terug, kom terug, dat ons u kan aansien. Wat sien julle aan die Sulammitiese? Iets soos die koordans van Mahan im. |
| Afrikaans 1983 | “Kom terug, kom terug, Sulammitiese vrou! Kom terug, kom terug dat ons jou kan sien!” “Wat wil julle sien aan die Sulammitiese vrou waar sy dans in die soldatekamp?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Draai om, meisie uit Sulem, draai om! Draai om! Draai om, sodat ons na jou kan kyk! Waarom staar julle na die meisie uit Sulem asof na die kringdans van Mahanaim? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vroue sê: “Sulammitiese vrou, jy moet terugkom, jy moet terugkom! Jy moet terugkom, jy moet terugkom, ons wil jou sien!” Sy sê: “Hoekom wil julle kyk na my, die Sulammitiese vrou, hoekom wil julle kyk wanneer ek dans in die soldate-kamp?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kom, nooientjie van Sullam, kom dans hier vir ons. Kom, sodat ons mooi kan kyk hoe jy lyk. Wat is daar te sien aan die Sullamitiese meisie wat tussen die mense deur dans? |