Song of Solomon 6:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het afgegaan in die tuin van neute om die vrugte van die dal te sien en te sien of die wingerdstok floreer en die granate bot.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek het afgegaan na die neuteboord om te gaan kyk na die nuwe lewe van die lente. Ek het gaan kyk hoe die wingerde bot, hoe die granaatbome bloei.
Afrikaans 1933/1953 Ek het afgeloop na die neutetuin om te kyk na die uitspruitsels in die dal, om te kyk of die wingerdstok uitloop, die granate blom.
Afrikaans 1983 “Ek gaan af na die neuteboord toe, ek gaan kyk na die jong boompies by die spruit, ek gaan kyk hoe die wingerde bot, hoe die granaatbome bloei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Na die neuteboord het ek afgegaan om te kyk na die jong plante by die spruit, om te kyk of die wingerde rank, die granaatbome bloei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sê: “Ek het na die neute-tuin gegaan om te kyk na die groen plante in die vallei, om te kyk of die wingerdstokke nuwe blare kry en of daar blomme aan die granaatbome is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is na my tuin toe waar die neutebome staan. Ek wou sien of die palms al blom, die wingerd al uitloop en die granate se bloeisels al bot.