Song of Solomon 6:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wie is sy wat uitkyk soos die môre, mooi soos die maan, helder soos die son en vreeslik soos 'n leër met baniere?
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle vra: ‘Wie is dit wat uitkom soos die vroeë oggendlig, wat helder skyn soos die maan, skitter soos die son, indrukwekkend is soos soldate wat die vaandels dra?’
Afrikaans 1933/1953 Wie is dit wat daar opkom soos die dageraad, mooi soos die maan, rein soos die son, verskriklik soos slagordes met vaandels?
Afrikaans 1983 “Wie is dit wat soos die daeraad verskyn, so pragtig soos die maan, so helder soos die son, so indrukwekkend soos 'n afdeling vaandeldraers?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wie is dit wat daar verskyn soos die dagbreek, mooi soos die volmaan, helder soos die son, indrukwekkend soos vaandeldraers?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sê: ‘Wie is dit wat na ons toe kom soos 'n nuwe dag, so mooi soos die maan, so helder soos die son? Sy is so mooi dat ons bang word vir haar.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wie is sy?” sal hulle vra. “Sy is so verruklik soos die vroeë oggend, so wondermooi soos die volmaan, so stralend soos die gloeiende middagson en so asemrowend soos soldate wat hulle baniere rondswaai.”