Song of Solomon 6:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waar is jou beminde heen, o mooiste onder die vroue? waar is jou beminde afgewend? dat ons Hom saam met jou kan soek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Nou waarheen sou jou liefling gegaan het, mooiste van al die vroue? Waarheen het jou minnaar gegaan? Ons sal jou help om na hom te soek.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Waar het u beminde heengegaan, o skoonste onder die vroue? Waarheen het u beminde hom gewend, dat ons hom saam met u kan soek? |
| Afrikaans 1983 | “Waarheen is die man wat jy liefhet, mooiste van al die vroue? Waarheen is die man wat jy liefhet? Ons sal hom saam met jou soek.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Waarheen het jou liefste gegaan, mooiste onder die vroue? Waarheen het jou liefste weggedraai, dat ons hom saam met jou kan soek? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vroue sê: “Mooiste van al die vroue, waarnatoe het die man gegaan vir wie jy lief is? Waarnatoe is die man vir wie jy lief is? Ons sal saam met jou soek.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy is die allermooiste van die vroue, maar waar is jou liefling dan? Sê ons, dan help ons jou soek. |