Song of Solomon 5:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat is jou beminde meer as 'n ander beminde, o mooiste onder die vroue? wat is u beminde meer as 'n ander beminde, dat u ons so besweer?
Afrikaans (NLV) 2011 “Wat is dan anders aan jou beminde, o mooiste vrou? Wat is dan anders aan jou beminde dat jy ons so smeek?”
Afrikaans 1933/1953 Wat is u beminde meer as 'n ander beminde, o skoonste onder die vroue -- wat is u beminde meer as 'n ander beminde, dat u ons so besweer het?
Afrikaans 1983 “Is die man wat jy liefhet, dan anders as ander, mooiste van al die vroue? Is die man wat jy liefhet, dan anders as ander dat jy ons so smeek?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat maak jou liefste beter as ander, mooiste onder die vroue, wat maak jou liefste beter as ander, dat jy ons so besweer?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vroue sê: “Mooiste van al die vroue, hoe lyk die man vir wie jy lief is? Lyk hy anders as ander mans? Jy sê ons moet dit belowe, maar hoe lyk die man vir wie jy lief is? Lyk hy anders as ander mans?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mooiste onder die vroue, waarom moet ons hom dit alles vertel? Wat maak hom dan so anders?