Song of Solomon 5:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek besweer julle, dogters van Jerusalem, as julle my beminde vind, moet julle hom vertel dat ek siek is van liefde.
Afrikaans (NLV) 2011 “Vroue van Jerusalem, wat sal julle vir my minnaar sê wanneer julle hom teëkom? Sê vir hom dat die liefde my verteer.”
Afrikaans 1933/1953 Ek besweer julle, dogters van Jerusalem, as julle my beminde vind, wat sal julle hom vertel? Dat ek krank is van liefde.
Afrikaans 1983 Vroue van Jerusalem, ek smeek julle: As julle die man wat ek liefhet, raakloop, sê vir hom die liefde verteer my.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Meisies van Jerusalem, ek besweer julle: As julle my liefste vind, wat moet julle vir hom sê? Dat ek siek is van liefde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vroue van Jerusalem, julle moet dit vir my belowe: Wanneer julle die man kry vir wie ek lief is, dan moet julle vir hom sê ek is so lief vir hom dat ek siek geword het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vroue van Jerusalem, belowe my dat as julle my geliefde kry, julle hom sal vertel. Van my liefde moet julle hom vertel en vir hom sê dat ek na hom gesmag het.