Song of Solomon 5:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die wagte wat in die stad rondgegaan het, het my gekry, hulle het my geslaan, hulle het my gewond; die wagters van die mure het my sluier van my weggeneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die wagte wat deur die stad gaan, het my gekry. Hulle het my geslaan, my seergemaak. Die wagte op die mure het my tjalie geskeur. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die wagte wat in die stad rondgaan, het my aangetref; hulle het my geslaan, my gewond; die wagte by die mure het my mantel van my afgeneem. |
| Afrikaans 1983 | Die wagte wat die stad patrolleer, kry my, hulle slaan my, hulle maak my seer; die wagte op die mure ruk my tjalie van my af. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die wagte, op hulle rondtes deur die stad, het my gevind. Hulle het my geslaan, hulle het my verwond, hulle het my sjaal afgeruk, die wagte by die stadsmure. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die polisie wat in die stad loop, het my gekry, hulle het my geslaan en seergemaak, die wagte op die mure het my kopdoek afgeruk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die nagpolisie het my in die strate gekry en my aangerand. Een van die wagte op die muur het selfs my sluier afgeruk. |