Song of Solomon 5:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek slaap, maar my hart word wakker; dit is die stem van my beminde wat klop en sê: Maak oop vir my, my suster, my liefling, my duif, my onbesmette, want my kop is vol dou en my lokke met die druppels. Van die nag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Een nag het ek gelê en slaap en wakker geword toe my liefling klop aan die deur. Hy het gesê: ‘Maak vir my oop, my liefling, my duif, my skat! My kop is nat van die dou, my hare is nat van die nag se klammigheid!’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het geslaap, maar my hart het gewaak. Hoor, my beminde klop: Maak vir my oop, my suster, my vriendin, my duif, my volmaakte! Want my hoof is vol dou, my haarlokke vol nagdruppels. |
| Afrikaans 1983 | “Ek het geslaap maar my hart het wakker gebly. Toe hoor ek die man wat ek liefhet, klop en hy sê: ‘Maak vir my oop, my beminde bruid, my duif, my volmaakte! My kop is nat van die dou, my hare is nat van die nag se klammigheid!’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek was aan die slaap, maar my hart was wakker. Hoor daar! My liefste klop! “Maak vir my oop, my suster, my liefling, my duif, my volmaakte; my kop is nat van dou, my lokke deurdrenk van die nag se dou.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy sê: “Ek het geslaap, maar my hart het wakker gebly. Ek hoor toe dat die man teen die deur klop, die man vir wie ek lief is, hy het gesê: ‘My suster, my liefste, my duif, jy is perfek. Jy moet die deur vir my oopmaak, my kop is nat van die dou, my hare het nat geword in die nag.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Een nag het ek van my geliefde gedroom. Hy het aan die deur kom klop en gesê: “Liefste, maak oop. My duifie, laat my inkom. Ek was heelnag buite en my kop is nat van die dou en my hare van die reën.” |