Song of Solomon 5:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sy mond is soet; ja, hy is heeltemal lieflik. Dit is my beminde, en dit is my vriend, o dogters van Jerusalem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy mond smaak soet, hy is begeerlik in alles. So is my liefling, my vriend, vroue van Jerusalem.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Sy verhemelte is pure soetigheid, ja, hy is geheel en al die lieflikheid self. Dit is my beminde en dit is my vriend, dogters van Jerusalem. |
| Afrikaans 1983 | Sy mond smaak soet, alles aan hom is begeerlik. So lyk die man wat ek liefhet, so lyk my lewensmaat, vroue van Jerusalem.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy mond is pure soetigheid, hy is die begeerlikheid self. So lyk my liefste, so lyk my vriend, meisies van Jerusalem! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy mond smaak soet, en alles aan hom is mooi. Vroue van Jerusalem, dit is die man vir wie ek lief is, dit is my vriend.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy mond is lekker om te soen. Alles aan hom begeer ek. Vroue van Jerusalem, dit is dan hoe my liefling lyk. |