Song of Solomon 5:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sy bene is soos marmerpilare, gevestig op voetstukke van fyn goud; sy voorkoms is soos die Líbanon, pragtig soos die seders. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy bobene is soos marmerpilare wat op goue voetstukke staan. Dit lyk soos sederstompe, spesiaal gekap in die Libanon. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sy bene is marmerpilare wat rus op voetstukke van fyn goud; sy gestalte is soos die L¡banon, uitgesoek soos die seders. |
| Afrikaans 1983 | Sy bobene is soos marmerpilare wat op goue voetstukke rus. Sy voorkoms is soos dié van die Libanon, indrukwekkend soos die seders. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy bene is marmerpilare wat rus op voetstukke van fyngoud. Sy gestalte is soos die Libanon, uitsonderlik soos die seders. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy bene lyk soos marmer-pilare wat op goue voetstukke staan. Hy lyk soos die Libanon-berg waar die beste sederbome groei. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Sy bobene is soos marmerpilare wat op goue voetstukke rus. Hulle is so sterk soos die seders van die Libanon. |