Song of Solomon 5:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sy wange is soos 'n bedding van speserye, soos soet blomme; sy lippe soos lelies wat soet ruikende mirre drup.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy wange is soos beddings vol geurige kruie. Sy lippe is soos lelies wat drup van mirre.
Afrikaans 1933/1953 Sy wange is soos balsembeddings, terrasbeddings van geurige plante; sy lippe is lelies wat van vloeiende mirre drup.
Afrikaans 1983 Sy wange is soos die kruiebeddings waar lekkerruik-kruie groei. Sy lippe is soos lelies, hulle drup van mirre.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy wange is soos beddings balsemkruid wat geurige kruie laat uitspruit. Sy lippe is narsings wat drup van vloeiende mirre.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy wange lyk soos 'n tuin vol kruie wat baie lekker ruik. Sy lippe lyk soos blomme, mirre drup van sy lippe af.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy wange is so mooi soos ’n tuin vol lekkerruikspeserye. Sy lippe is soos lelies nat van mirre.