Song of Solomon 4:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U het my hart verheerlik, my suster, my huweliksmaat; jy het my hart met een van jou oë, met een ketting van jou nek, verheerlik.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy het my opgewonde gemaak, my suster, my liewe bruid. ’n Skalkse kyk van jou oë, een kyk na die halssnoer om jou nek het my in vervoering gebring.
Afrikaans 1933/1953 U het my hart gesteel, my susterbruid, u het my hart gesteel met een straal van u oë, met een kettinkie van u halssieraad.
Afrikaans 1983 “Jy het my hart gesteel, my beminde bruid, jy het my hart gesteel met een kyk van jou oë, met een skakel in die ketting om jou hals.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy het my hart gesteel, my suster, my bruid, jy het my hart gesteel met een kyk van jou oë, met een kettinkie van jou halssnoer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sê: “My suster, my bruid, jy het my opgewonde gemaak, jy het my hart vinnig laat klop toe jy net een maal na my gekyk het, net een stukkie van die ketting om jou nek het my opgewonde gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy het my hart gesteel, my lief. Jou oë se sagtheid en die krale om jou nek het my hart van liefde laat klop.