Song of Solomon 4:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Totdat die dag aanbreek en die skaduwees wegvlug, sal ek my bring by die mirreberg en by die wierookheuwel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer die dag aanbreek en die skaduwees verdwyn, wil ek na die berg van mirre toe gaan, na die heuwel van wierook. |
| Afrikaans 1933/1953 | Totdat die aandwind waai en die skaduwees vlug, sal ek gaan na die mirreberg en na die wierookheuwel. |
| Afrikaans 1983 | Wanneer die aandwind begin waai en die skaduwees lank word, wil ek na my mirreberg, my wierookheuwel, toe gaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Totdat die dag begin asemhaal en die skaduwees vlug, gaan ek na die mirreberg, na die wierookheuwel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal na die mirre-berg gaan, na die wierook-heuwel totdat die aandwind waai en die skaduwees verdwyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | By mirreberg en wierookberg wil ek vertoef totdat die oggendwind opkom en die nag begin verdwyn. |