Song of Solomon 4:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jou tande is soos 'n trop skape wat selfs geskeer is, wat uit die was opgekom het; waarvan elkeen 'n tweeling baar, en niemand is onvrugbaar onder hulle nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jou tande is so wit soos skape, so pas geskeer en gewas. Hulle is almal tweelinge en nie een van hulle is alleen nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | U tande is soos 'n kudde pas geskeerde skape wat van die drinkplek opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie. |
| Afrikaans 1983 | Jou tande is so wit soos 'n ry pasgeskeerde skape wat nou net skoon gewas is, elkeen met 'n tweeling, nie een sonder 'n lam nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jou tande is soos 'n kudde pas geskeerde skape wat van die drinkplek af opkom, almal tweelinge, nie een van hulle op sy eie nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jou tande is soos 'n trop skaap-ooie, skape wat skoon gewas en geskeer is. Elke ooi het tweeling-lammers, en almal het lammers. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jou wit tande is soos ’n kudde pasgebore skape wat skoon gewas is. Elkeen pas bo en onder volmaak op mekaar. |