Song of Solomon 4:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jou lippe, o my eggenoot, drup soos 'n heuningkoek; heuning en melk is onder jou tong; en die reuk van u klere is soos die reuk van die Líbanon.
Afrikaans (NLV) 2011 Jou lippe proe soos heuning, my bruid. As jy praat, is dit so heerlik soos heuning en melk. Jou klere ruik so lekker soos die Libanon.
Afrikaans 1933/1953 Heuningstroop drup van u lippe af, bruid, heuning en melk is onder u tong, en die geur van u klere is soos die geur van die L¡banon.
Afrikaans 1983 Jou lippe proe soos heuningstroop, my bruid, jou tong soos heuning en dikmelk, en jou klere ruik soos die Libanon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jou lippe drup heuning, my bruid, heuning en melk is onder jou tong, jou klere dra die geur van die Libanon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) My bruid, jou lippe proe soos stroop, daar is heuning en melk onder jou tong, jou klere ruik na die Libanon-berg.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jou lippe proe heuningsoet, jou tong smaak soos melk en jou klere ruik na die seders van die Libanon.