Song of Solomon 4:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hoe mooi is u liefde, my suster, my huweliksmaat! hoeveel beter is u liefde as wyn! en die reuk van jou salf as al die speserye! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Om jou te liefkoos, is wonderlik, my liewe bruid. Dit is soveel beter as wyn. Jou parfuum ruik lekkerder as al die geurige kruie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hoe skoon is u liefde, my susterbruid, hoeveel beter is u liefde as wyn en die geur van u salf as al die speserye! |
| Afrikaans 1983 | Ek hou van jou liefkosings, my beminde bruid, jou liefkosings is beter as wyn, jou parfuum ruik lekkerder as al die lekkerruik-kruie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hoe verruklik is jou liefkosings, my suster, my bruid. Hoeveel beter is jou liefkosings as wyn, die geur van jou reukolie as al die speserye. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | My suster, my bruid, jou liefde is soet, jou liefde is lekkerder as wyn, jou olie ruik lekkerder as al die kruie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My liefste, hoe kosbaar is jou liefde nie vir my nie. Jou liefde is soveel beter as wyn en jou parfuum geuriger as enige spesery. |