Song of Solomon 3:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie is dit wat soos rookpilare uit die woestyn kom, besmeer met mirre en wierook, met al die kruie van die koopman? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wie kom daar aangesweef soos ’n wolkkolom uit die woestyn? Wie is dit wat so lekker ruik na mirre, wierook, en lekkerruik-kruie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie is dit wat daar opkom uit die woestyn soos rookpilare, omgeurd van mirre en wierook, van allerhande speserye van die koopman? |
| Afrikaans 1983 | “Wie is dit wat daar soos 'n rookwolk uit die woestyn uit kom, omgewe deur die geur van mirre, van wierook, van al die lekkerruik-kruie in die handel? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat kom daar aan uit die woestyn soos suile rook, omhul van mirre en wierook, van al die beste speserye van die handelaar? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sê: “Wie is sy wat daar uit die woestyn kom soos 'n rookwolk? 'n Mens kan die mirre en die wierook ruik, en al die goed wat lekker ruik wat die handelaars verkoop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wat kom daar uit die woestyn soos ’n rookwolk aan? Wat is dit wat so na mirre en wierook ruik? En waar kom die reuk van speserye vandaan? |